Afrikaans het wesenlik as amptelike taal verval
Afrikaans has essentially lapsed as an offi cial language
DOI:
https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.3832Keywords:
amptelike tale, ampteliketaalgebruik, ampteliketaalregimes, formele grondwetlike wysigings, grondwetlike bepalings, hofverrigtinge, nasionale wetgewing, openbare onderwys, polisiëring, staatsadministrasie, transformatismeAbstract
Ofskoon Afrikaans op 8 Mei 2025 honderd jaar een van Suid-Afrika se amptelike tale was, het dit, gemeet aan sy daadwerklik amptelike gebruik sedert die inwerkingtreding van die huidige grondwetlike bedeling in 1994, maar veral sedert die 1996-grondwet van krag geword het, in beduidende mate as amptelike taal verval. ’n Oorweging van die vyf belangrikste gebiede van die amptelike gebruik van ’n taal bring telkens aan die lig dat Afrikaans sy amptelike gebruik grootliks prysgegee het. Dit is naamlik die aanwending van taal vir die doel van (1) (nasionale) wetgewing; (2) die amptelike notulering van hofverrigtinge; (3) staatsadministrasie; (4) polisiëring; en (5) openbare onderwys. Die amptelike gebruik van Afrikaans en die ander amptelike tale het geswig voor die voorkeurgebruik van Engels as gevolg waarvan Engels wesenlik Suid-Afrika se enigste daadwerklik amptelike taal geword het. Die deurslaggewende rede hiervoor is die huidige regering se politiek van transformatisme, veral aangedryf deur die beginsel van verteenwoordigendheid. Hierdie toedrag van sake is juridies moontlik gemaak deur die treff end diskresionêre aard van die ampteliketaalbepalings vervat in artikel 6 van die Grondwet. Die bepalings word transformatief vertolk en het tot ’n wesenlik eentalig Engelse ampteliketaalbedeling gelei. Hierdie verskynsel strook met wat elders in Sub-Sahara-Afrika gebeur het waar die eertydse postkoloniale administrasies telkens voorkeur gegee het aan die koloniale tale – Engels, Frans en Portugees – bo die Afrikatale.