Van marmer tot kleurglas: die simboliese funksie van die medium in Leo Theron se gewyde glaskuns
From marble to stained glass: the symbolic function of the medium in Leo Theron’s sacred art in glass
DOI:
https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.3325Keywords:
dalle de verre, Leo Theron, marmer, kleurglas, Protestantisme, Katolisisme, Calvyn, Hegel, Gautier, gewyde kuns, modernisme, abstraksieAbstract
Die gewyde glaskuns van Leo Theron gee uitdrukking aan die sterk Europese inslag van sy estetiese benadering. Sy Afrikaanse, Protestantse agtergrond tesame met die Katolieke agtergrond van sy Franse leermeesters het bygedra tot die ontwikkeling van abstrakte, gewyde glaskuns, in die dalle de verre-medium, wat die spanning tussen die estetiese tradisies van die Katolieke en Protestantse Kerk op ’n subtiele wyse aanspreek. ’n Belangrike idee onder Europese Romantiese denkers, soos onderskeidelik deur Friedrich Hegel en Théophile Gautier vertolk, saam met die verwante en invloedryke Romantiese begrip van sinestesie, word in hierdie artikel gebruik om lig te werp op Theron se simboliese gebruik, vir die NG Kerk, van die dik, kristalagtige kleurglas van die dalle de verre-medium.