Uys Krige se Magdalena Retief (1938): Volksmoeder en vrou

Uys Krige’s Magdalena Retief (1938): Mother of the Nation and woman

Authors

DOI:

https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.3232

Keywords:

Afrikaner Nationalism, centenary celebrations of the Great Trek (1938), Uys Krige, Magdalena Retief, Mother of the Nation, theatre history

Abstract

Hierdie artikel fokus op Uys Krige se drama Magdalena Retief (1938)1 met verwysing na die volksmoederdiskoers van die 1930’s, terwyl die drama ook teaterhistories gesitueer word.

In 1938 vind die eeufees-herdenking van die Groot Trek plaas wat aanleiding gee tot ’n ongekende en landswye opwelling van Afrikanernasionalisme. Die onderskeie eeufeesvieringe kulmineer in Pretoria met die grondlegging van die Voortrekkermonument. Die uitbeelding van Magdalena Retief is geplaas binne die konteks van die volksmoederdiskoers – ’n diskoers wat aansluit by die ontstaan en ontwikkeling van Afrikanernasionalisme. Die rol van die Afrikanervrou, soos vergestalt deur Uys Krige se uitbeelding van Magdalena Retief, gee ’n historiese en dramatiese blik op ’n era waarin ’n patriargale uitgangspunt die genderver houdinge binne Afrikanergeledere getipeer het.

Alhoewel verskeie Voortrekkerleiers tydens hierdie feeste geëer word, is dit veral Piet Retief wat groot erkenning ontvang as volksheld. Gustav Preller se bekende biografie oor Retief (1906) gee aanleiding tot verskeie dramas, gedigte en dramatiese tablo’s wat sy lewe uitbeeld, asook die gebeure wat aanleiding gee tot die Bloedriviergelofte. Terwyl die meeste dramaturge (veral Van Bruggen in Bakens: Gedramatiseerde mylpale uit die Groot Trek, 1939) fokus op hierdie volksheld en Magdalena Retief net as sy ondersteunende gade uitbeeld, plaas Uys Krige in sy drama die kollig op haar persona. Die lewensverhaal van Magdalena word uitvoerig in agt tonele en ’n epiloog uitgebeeld.

Author Biography

Marisa Keuris, Universiteit van Suid-Afrika

Navorsingsgenoot, Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika

Downloads

Published

2026-03-31

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels