Ontleding van inkomstemobiliteit, oorgewig, en vetsug in Suid-Afrika

Analysis of income mobility, overweight, and obesity in South Africa

Authors

DOI:

https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.3197

Keywords:

inkomste-mobiliteit, oorgewig, vetsug, voedingsoorgang, Suid-Afrika

Abstract

Suid-Afrika word gekenmerk deur beduidende ongelykheid in inkomste en gesondheidsuitkomste. Heelwat huishoudings staan voor ’n dubbele las van wanvoeding, waar oor- en ondervoeding saam voorkom. Hoewel die voorkoms van hongerte die nuus haal, is die grootste bedreiging vir gesondheid in Suid-Afrika nie-oordraagbare siektes wat met vetsug geassosieer word, naamlik hipertensie, koronêre hartsiekte, beroerte en diabetes. Hierdie artikel poog om veranderinge in oorgewig en vetsug, en sosiale mobiliteit in Suid Afrika te ondersoek. Die ontleding gebruik data van die gebalanseerde paneel van die eerste drie golwe van die National Income Dynamics Survey (NIDS). Ordinale logistiese regressiemodelle en oorgangsmatrikse is gebruik om die bewegings tussen liggaamsmassa-indeks-kategorieë en sosiale klasse te beskryf. Die resultate toon dat daar ’n waargenome positiewe verband is tussen respondente wat van ’n laer sosiale klas na ’n hoër sosiale klas beweeg het, en ’n toename in liggaamsmassaindeks.

Author Biographies

Waldo Krugell, Noordwes-Universiteit

Skool vir Ekonomiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus), Suid-Afrika

Dieter von Fintel, Universiteit van Stellenbosch

Departement Ekonomie, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

Christine Taljaardt-Krugell, Noordwes-Universiteit

Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Inarie Jacobs, Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker

Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker, Frankryk

Downloads

Published

2026-03-31

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels