Die Zondo-kommissie van Ondersoek na Staatskaping: Wat is die redes vir die nie-implementering van sy vervolgingsaanbevelings?
The Zondo Commission of Inquiry into State Capture: What can explain the absence of prosecutions based on its recommendations?
DOI:
https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.3001Keywords:
Zondo Kommissie van Ondersoek na Staatskaping, vervolgings, Konflikkriminologie, Zuma-Gupta-kabaal, vervolgingsgesagAbstract
In hierdie bydrae ondersoek ek die vraag waarom daar nie gehoor gegee is aan die aanbevelings rakende vervolgings soos vervat in die verslae uitgereik deur die Zondo-Kommissie van Ondersoek na Staatskaping nie. Ek gebruik talle gesigspunte soos vervat in die post-Marxistiese literatuur oor Konflikkriminologie, veral Reiman en Leighton (2020) se Pyrrhus-nederlaagteorie wat sentraal staan in hierdie benadering, om hierdie probleem te ondersoek. Die posisie in China word ook vlugtig onder die loep geneem. Die gevolgtrekking waartoe ek kom, is dat daar heelwat raakpunte bestaan tussen staatskaping, soos deur die Zuma-Gupta kabaal bedryf, en ’n post-Marxistiese lees van misdaad in ’n fel besits- en inkomsteongelyke gemeenskap soos Suid-Afrika. Daarby kom dit voor of die nasionale vervolgingsgesag, gesien in die lig van die voortdurende voortbestaan van die betrokke kriminele kringe ná Zuma se verwydering, na alle waarskynlikheid self gekaap is.