Infrarooi analise van AlxGa1-xAs-epilagies
Infrared analysis ofAlxGa1-xAs Epilayers
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.926Keywords:
Al xGa1-xAs, refractive index, FTIR, layer thicknessAbstract
Die gebruik van aluminium gallium arsenied (AlxGa1-xAs) in optiese toestel toepassings vereis dat die brekingsindeks n van die ternêre legering as ‘n funksie van golflengte of golfgetal en die Al-molfraksie x bekend moet wees. Infrarooi spektroskopie is gebruik om beide die bandgaping Eg en die interferensiepatrone te bepaal om die epilaagdikte van AlxGa1-xAs-monsters te bereken. Twee formules wat voorgestel was om die brekingsindeks van AlxGa1-xAs te bereken, word aan die hand van die laagdikteresultate geëvalueer.
Ingedien: 27/08/2024
Aanvaar: 28/11/2024
Gepubliseer: 10/03/2025
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 Outeur/s

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.