Insig in die morfologiese ongelykheid in die selde bewaarde sagteweefselgedeelte van antiark-plakodermvis, Bothriolepis africana

Insight into morphological disparity in the rarely preserved soft tissue portion of antiarch placoderm fish, Bothriolepis africana

Authors

  • R Nel Rhodes Universiteit
  • RW Gess Rhodes Universiteit
  • K Trinajstic Curtin Universiteit

Abstract

Daar word vermoed dat die verlies van stertskubbe in verskeie plakodermvis-afstammelinge plaasgevind het, insluitend die antiarkplakodermvisse, Bothriolepis. Plakodermvisfossiele is die mees algemeenste bewaarde oer gewerwelde visoorblyfsels wat voorkom in verskeie Devoon-ouderdom- (360 miljoen jaar oue) afsettingsgebiede. Die bewaring van plakodermvisse in die fossielrekord is weens hul veerkragtige kefaliese en stampantser wat as geartikuleerde óf, meer dikwels, ongeartikuleerde plate bewaar word. Plakodermfossiele wissel oor die algemeen in vorm en grootte van ’n paar millimeter tot meer as ses meter in lengte, maar hoewel die kop en romp dikwels gefossileer is, word die sterte van plakodermvisse selde bewaar.

Author Biographies

R Nel, Rhodes Universiteit

Departement Geologie, Rhodes Universiteit, Suid-Afrika

RW Gess, Rhodes Universiteit

Albany Museum en Departement Geologie, Rhodes Universiteit, Suid-Afrika

K Trinajstic, Curtin Universiteit

Departement Omgewing en Landbou, Curtin Universiteit, Australië

Downloads

Published

2024-06-19

Issue

Section

Referaatopsommings