Die paddabloedparasiet-fauna van die Soutpansberge

The anuran blood parasite fauna of the Soutpansberg mountains

Authors

  • J du Buisson Noordwes-Universiteit
  • LH du Preez Noordwes-Universiteit
  • EC Netherlands Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Die Soutpansberge is ’n bergreeks in die noordelike deel van Suid-Afrika en vorm deel van die Vhembe Biosfeerreservaat – ’n gebied wat ten minste 35 paddaspesies huisves. Paddas is die geskikte gasheer vir ’n verskeidenheid intra- en ekstrasellulêre bloedparasiete. Intrasellulêre bloedparasiete sluit hemogregariene, hemokokkidieë, rickettsiae, en intra-eritrosietbakterieë en virusse in. Ekstrasellulêre bloedparasiete sluit tripanosome en mikrofilariae in. Die oordrag van hierdie bloedparasiete vind plaas deur bloedsuiende insekte of wurms, moontlik muskiete of bloedsuiers, onderskeidelik. Die paddagasheer word tydens voeding van of deur die inname van besmette ongewerwelde vektore of gashere geïnfekteer. Tot dusver is beperkte data beskikbaar om die diversiteit en verspreiding van paddabloedparasietspesies binne die studiegebied te bepaal. In die huidige navorsing word aangetoon dat die ryk paddaspesiediversiteit as gasheer vir ’n aantal bloedparasietspesies dien.

Author Biographies

J du Buisson, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noord-Wes Universiteit, Suid-Afrika

LH du Preez, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noord-Wes Universiteit, Suid-Afrika

EC Netherlands, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-06-19

Issue

Section

Referaatopsommings