Toepassing van vloeichemie vir die sintese van farmaseutiese boublokke in organiese chemie

Application of flow chemistry for the synthesis of pharmaceutical templates in organic chemistry

Authors

  • BM Currie Universiteit van Pretoria
  • NC Neyt Universiteit van Suid-Afrika
  • LS Dibokwane Universiteit van Suid-Afrika
  • AM Reinhardt Universiteit van Suid-Afrika
  • LT van Wyk Universiteit van Suid-Afrika
  • DL Riley Universiteit van Suid-Afrika
  • J Panayides Universiteit van Suid-Afrika

Abstract

Vir dekades was die ronde kookfles en proefbuise die belangrikste toerusting in chemie laboratoriums. Dit is veelsydig en gerieflik om vir reaksies op kleiner skaal te gebruik. Op ’n groter industriële skaal is tradisionele bondelprosessintese egter tydrowend, ondoeltreffend en moeilik om op te skaal wanneer omgewings- en ekonomiese faktore oorweeg word. Sedert die ontwikkeling van vloeichemie met toepassing in organiese sintese in die farmaseutiese bedryf, kan die sleutelparameters in reaksies hoogs effektief op ’n groter industriële skaal geoptimeer word. Vloeichemie word dikwels gedefinieer as ’n aaneenlopende proses waarin klein volumes reagense deur mikroreaktore gepomp word in ’n streng beheerde omgewing om hoë chemiese selektiwiteit teweeg te bring. Vloeisinteses word byvoorbeeld verkies bo tradisionele prosessintese wanneer reaksies uitgevoer word by onkonvensioneel hoë temperature en druk en met gebruik van kokende oplosmiddels. Dus word vloeisintese die voorkeurroete wanneer vinniger reaksietye, verminderde energieverbruik, doeltreffende vermenging, hoë chemiese selektiwiteit, beter massa- en hitte-oordrag en effektiewe hitteverspreiding benodig word.

Author Biographies

BM Currie, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

NC Neyt, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

LS Dibokwane, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

AM Reinhardt, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

LT van Wyk, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

DL Riley, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

J Panayides, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-06-19

Issue

Section

Referaatopsommings