Waarnemings oor die infrarooi reflektansiespektra van Neutronbestraalde 3C-SiC
Observations on the infrared reflectance spectra of Neutron-Irradiated 3C-Sic
Keywords:
3C-SiC, neutronbestraling, infrarooispektroskopieAbstract
Onlangse ontledings van neutronbestraalde kubiese silikonkarbied monsters (3C-SiC-monsters) met behulp van Fourier transforminfrarooispektroskopie (FTIR-infrarooispektroskopie) het gerapporteer oor waargenome veranderinge van die reflektansie sowel as onttrekte diëlektriese parameters van die monsters. Die veranderinge hou vermoedelik verband met die oppervlakgrofheid van die monsters. Aangesien daar nie verwag word dat neutronbestraling die oppervlak van bestraalde monsters sal beskadig nie, is hierdie waarnemings herevalueer. Daar word voorgestel dat veranderinge meer waarskynlik toegeskryf kan word aan die korrelgroottes van die polikristallyne 3C-SiC-monsters wat bestraal is.