Werking van surfaktante in waterige oplossings en by die lug-water-tussenvlak: ’n Oorsig

Action of surfactants in aqueous solutions and at the air-water interface: An overview

Authors

  • EH Wiese Noordwes-Universiteit
  • D Venter Noordwes-Universiteit
  • DP Otto Noordwes-Universiteit
  • FJ Smit Noordwes-Universiteit
  • HCM Vosloo Noordwes-Universiteit

Keywords:

oppervlakaktiewe middels, fisies-chemiese eienskappe, waterige oplossings, Afrikaansliteratuur, nie-ioniese benattingsmiddels

Abstract

Surfaktante is veelsydige verbindings wat in ons alledaagse lewe gebruik word. Dié verbindings is bestanddele van byvoorbeeld skoonmaakmiddels, brandstofbymiddels, kosmetiese produkte, medisyne en boumateriaal. Dit is belangrik om die oppervlak- en massavloei-eienskappe van surfaktante te verstaan. Die fisies-chemiese eienskappe van surfaktante kan gebruik word om weldeurdagte besluite te neem en om surfaktante doelgerig vir sekere toepassings te sintetiseer. Fisies-chemiese eienskappe, waaronder oppervlakversadigingskonsentrasie, kritieke miselkonsentrasie, Krafft-punt en wolkpunt val, kan die effektiwiteit en doeltreffendheid van ’n surfaktant beïnvloed. Dié eienskappe kan ook gemanipuleer word deur toestande soos temperatuur en surfaktantkonsentrasie te verander. Kennis oor die werking van surfaktante in waterige oplossings kan tot die verbetering van verskeie verbruikersgoedere lei. Verder is weinig Afrikaanse literatuur aangaande surfaktante beskikbaar. Hierdie oorsigartikel dien dus as ’n Afrikaanse inleiding tot die werking van surfaktante in waterige oplossings en by ’n lug-water-tussenvlak. Aangesien nieioniese surfaktante algemeen in die handel voorkom, word die werking van surfaktante hoofsaaklik aan die hand hiervan verduidelik.

Author Biographies

EH Wiese, Noordwes-Universiteit

Navorsingsfokusarea vir Chemiese Hulpbronveredeling, Katalise- en Sintesenavorsingsgroep, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

D Venter, Noordwes-Universiteit

Navorsingsfokusarea vir Chemiese Hulpbronveredeling, Katalise- en Sintesenavorsingsgroep, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

DP Otto, Noordwes-Universiteit

Navorsingsfokusarea vir Chemiese Hulpbronveredeling, Katalise- en Sintesenavorsingsgroep, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

FJ Smit, Noordwes-Universiteit

Navorsingsfokusarea vir Chemiese Hulpbronveredeling, Katalise- en Sintesenavorsingsgroep, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

HCM Vosloo, Noordwes-Universiteit

Navorsingsfokusarea vir Chemiese Hulpbronveredeling, Katalise- en Sintesenavorsingsgroep, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-06-19

Issue

Section

Oorspronklike Navorsing