Gesondheidsevaluasie van stedelike eike (Quercus robur L.) met behulp van fisiologiese parameters: ’n Suid-Afrikaanse gevallestudie

Evaluating the health of urban oak (Quercus robur L.) trees using physiological parameters: a South-African case study

Authors

  • Soané Ludick Noordwes-Universiteit
  • Jacques M Berner Noordwes-Universiteit
  • Roelof D Coertze University of Gothenburg
  • Sarel S Cilliers Noordwes-Universiteit

Keywords:

Potchefstroom, eikebome, waterstres, fotosintese, chlorofil a-fluoressensie, Fw/Fm, prestasie-indeks, PITOTAAL, stedelike ekologie, visuele taksering, voedingstofanalise

Abstract

Bome in ’n stedelike omgewing, soos die eksotiese eikebome (Quercus robur L.) in Potchefstroom (Noordwesprovinsie, Suid-Afrika), verskaf verskeie ekosisteemdienste op straat- en stadsvlak. Aangesien bome baie gunstig is vir stedelike inwoning, is dit noodsaaklik om hul gesondheid te bestudeer en hierdie bome so lank moontlik te bewaar. Quercus robur-bome in die historiese Eikelaan in Potchefstroom toon sedert 1980 visuele gesondheidsagteruitgang, waarvoor die oorsaak steeds grootliks ’n vraagstuk is. Die doelwit van hierdie studie was om die vitaliteit van verteenwoordigende bome in die laning wat deur verskillende tipes grondbedekking omring word, vas te stel deur visuele boomtoestand, blaarwaterpotensiaal, voedingstofanalise, en chlorofil a-fluoressensie te meet. Die data wat ingesamel is, het aangedui dat die parameters en aanwysers waarmee boomvitaliteit vasgestel is, van waarde was by die vasstelling van plantgesondheid; hierdie data verklaar egter nie op sigself die bome se verlies van gesondheid nie. Hoewel bome met ondeurdringbare oppervlakke as onderliggende grondbedekking, dus ‘verseëlde grond’, laer waterpotensiale getoon het, dui dit nogtans nie op ’n watertekort nie. Ander faktore moet as die oorsaak van vitaliteitsverlies in hierdie straatbome oorweeg word. Eikebome in die laning in Potchefstroom moet fyn gemonitor word om suksesvolle bewaring deur wetenskaplikes, stadsinwoners en munisipale owerhede te verseker.

Author Biographies

Soané Ludick, Noordwes-Universiteit

Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Jacques M Berner, Noordwes-Universiteit

Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Roelof D Coertze, University of Gothenburg

Department of Infectious Diseases, Institute of Biomedicine, Sahlgrenska Academy, University of Gothenburg, Sweden

Sarel S Cilliers, Noordwes-Universiteit

Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-06-19

Issue

Section

Oorspronklike Navorsing